Kos + wyn

Sampioenfrittata

Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

• 150 g gemengde sampioene, grofgekap

• 2 preie, grofgekap

• ¼ koppie botter

• 5 vars tiemiestokkies of 1 teelepel droë tiemieblare

• 170 g aspersies, grofgekap

• 2 eetlepels misosmeer (of sout na smaak)

• 6 eiers

Só maak jy

1. Braai die sampioene en preie in die botter en tiemie tot sag. Voeg die aspersies by en roerbraai dit vir 2 minute.

2. Klits die misosmeer en eiers saam en skink dit oor die groente. Kook oor 'n lae hitte vir 10-20 minute met die deksel op totdat die frittata netnet in die middel gestol het. Bedien warm. Of sny die afgekoelde frittata in skywe vir 'n piekniek.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM