Kos + wyn

Spekbiltong

Spekbiltong
Spekbiltong
  • 500g - swoerdlose gerookte strepiespek
  • ¼ - koppie bruinsuiker
  • 2 - eetlepels asyn
  • 2 - eetlepels gouestroop
  • - ’n knippie rissievlokkies (opsioneel)

Die Amerikaners sit graag dié spekstokkies as partytjiehappies voor, en dit deug ook as padkos.

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Trek 'n bakplaat met foelie oor en sit 'n oondrakkie daarop neer. Pak die spek op die oondrakkie en bak dit vir 10 minute in die oond.

2. Meng die res van die bestanddele goed saam en verf albei kante van die spek dik met die soet mengsel.

3. Sit die spek terug in die oond en bak dit vir 20 minute terwyl jy die repe elke 5 minute omdraai en nog van die sous aanverf.

4. Haal die spek uit die oond en laat dit dan afkoel voordat jy dit in 'n papiersak pak.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM