Die Iere het hulle eie weergawe van Nasionale Braaidag. Die hele Ierlandkom op St. Patrick-dag tot stilstand vir een groot partytjie. Elke enkele Iersekroeg sit 'n fantastiese pastei van steak en mout voor.
Jy benodig:
- 2 sopies olyfolie
- 1 kg steak (dikrib is die beste, andersins kruissnit; in blokkies van 2× 2 cm gesny)
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel swartpeper
- 1 sopie koekmeel
- 1 ui (fyngekap)
- 1 wortel (geskil en fyngekap)
- 2 selderystokkies (fyngekap)
- 1 sopie gemengde kruie (roosmaryn, tiemie, pietersielie; of ½ sopie droëgemengde kruie)
- 1 blikkie of bottel moutbier (stout beer; ± 400 ml)
- 250 g knopiesampioene (in die helfte gesny)
- 1 pakkie skilferkorsdeeg (400 g, heeltemal ontdooi)
Só maak jy:
1 Maak die pastei se vulsel: Verhit die olie in 'n potjie op 'n warm vuur.Voeg die vleisblokkies, sout en peper by en roer. Strooi die meel oor die vleisen roer om die meel eweredig te versprei. Die bodem van die pot kan dalk 'nbietjie droog lyk, maar moet jou nie te veel daaroor bekommer nie. Braai dievleis in die pot vir sowat 5 minute totdat dit effe bruin is.
2 Voeg die gekapte uie, wortel, seldery en kruie by en braai vir nog 5minute.
3 Gooi die mout by. Roer om enige taai stukkies onderin die pot los tewikkel en kry die mengsel aan die prut. Sit die deksel op en laat dit vir 15minute prut.
4 Voeg die sampioene by, sit die deksel op en laat dit vir 1 uur op 'nlae hitte prut. Hou die hitte laag - net 'n paar kole en geen vlamme onder diepot nie.
5 Rol die skilferskorsdeeg oop wanneer die vulsel in die pot amper regis. Nou kan jy kies: sny die deeg óf in die vorm van die bakkies waarin jy diepastei gaan voorsit óf in vierkante, wat jy bo-op die vulsel in borde ofbakkies gaan sit. Braai die deegvormpies in 'n geoliede toeklaprooster viromtrent 20 minute oor matige kole. Draai die rooster gereeld totdat die deeggoudbruin en bros is. Dit sal aanvanklik lyk of die deeg begin smelt; ontspan,dit sal gou harder en maklik hanteerbaar word mits jy aanhou om dit versigtigoor die hitte om te draai.
6 Wanneer die vulsel reg is, haal jy die potjie van die vuur af en roerdeeglik. Die vloeistof behoort nou dik en blink te wees. Indien nie, laat ditvir 'n paar minute sonder die deksel prut sodat dit kan afkook en verdik. Proeen voeg sout en peper na smaak by.
7 Sit voor in bakkies of borde en sit die gebraaide kors bo-op. Jy kanook die pastei saam met kapokaartappels voorsit as jy lus het.
Wenk
Al is Guinness die wêreldbekende voorbeeld van moutbier, is dit glad nie die enigste een nie. Die resep sal net so lekker smaak met 'n plaaslike gunsteling soos Castle Milk Stout.














