- 200 g - semelbeskuitjies, fyngemaak
- - sowat 100g botter, gesmelt
- - SUURLEMOEN-MOUSSE
- 1 - sakkie (15ml) poeiergelatien
- 3 - groot eiers, geskei
- 170g (200ml) - strooisuiker
- - ’n knippie sout
- 125 ml - vars suurlemoensap
- 5 ml - gerasperde suurlemoenskil
- 250 ml - room, styfgeklits
1 Meng die koekiekrummels met genoeg botter om diekrummels aan mekaar te laat kleef en voer 'n tertbakdaarmee uit sodat dit 'n dun kors vorm. Maak seker diseweredig versprei en nie dikker in die hoekies nie. As jy wil,bak dit vir 5 minute teen 180 °C in 'n voorverhitte oond om 'n bros resultaat te verseker en laat danheeltemal afkoel. Hou dit andersins ongebak in die yskas tot nodig.
2 Roer 30 ml koue water by die gelatien in 'n bakkie en laat staantot gespons. Smelt dit danversigtig deur die bakkie in 'ngroter bak kookwater te sit enversigtig te roer tot loperig.
3 Klits die eiergele saammet die helfte van diesuiker tot dik en donsig.Klits ook die eierwitte ensout in 'n aparte mengbaktot sagte punte vorm enklits dan die orige suikerlepel vir lepel by tot dik englansend.
4 Om saam te stel, begindeur die gelatien, suurlemoen-sap en -skil by die eiergeel-mousse in te vou, gevolg deur diestywe room. Roer 'n lepel vol van dieeierwit by om die mengsel los te maaken vou dan die res versigtig in. Skepnou die veerligte mousse in dievoorbereide kors en laat staan vir 'npaar uur in die yskas tot gestol. Genietdie tert net so of dollie dit op met joukeuse van geklopte room of Grieksejogurt, vars vrugte, ment en eetbareblommetjies.
Alternatief
Skep die vulsel in mooi glase met koekiekrummellagies tussen in en 'n skep geklopte room bo-op.













