- 30 ml - olyfolie
- 1 - chorizo-wors, gekap
- 1 - klein ui, gekap
- 250 ml - jasmynrys
- sowat 1 liter - aftreksel
- 300 g - bevrore kersietamaties
- 'n knypie - elk sout en peper
- 1 - wiel feta
- - mikro-basilie
1 Verhit die olie en braai die gekapte chorizo daarin tot bros. Skep die vleis uit die pan, maar behou die geurige olie. Braai nou die ui stadig tot glansend. Hou die hitte laag sodat die ui nie begin verkleur voor dit ordentlik sag gebraai het nie. Roer die ryskorrels by die pan en braai total die korrels mooi gerooster is.
2 Verhit die aftreksel en tamaties in 'n pot enkook (met die deksel op) totdat die tamaties begin oopbreek. Sodra die tamaties ontvries is, kan jy dit sommer met 'n aartappeldrukker effens stukkend druk.
3 Roer die rys-en-uiemengsel by die aftreksel in die pot, bring tot kookpunt, draai die hitte af tot laag en laat prut 10-15 minute (raadpleeg die rys se verpakking vir die korrekte gaarmaaktyd en hoeveelheid kookvloeistof).
4 Haal die pot gaar rys van die hitte af, bedek dig en laat staan nog 5-10 minute.
5 Roer die bros chorizo by en krummel die feta oor. Proe en geur na smaak met sout en peper. Sit voor met 'n strooisel vars kruie.













