Kos + wyn

Tunaslaai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 2 - x 170 g-blikkies tuna, gedreineer
  • 125 ml - romerige mayonnaise
  • 5 ml - mosterd
  • 60 ml - ongegeurde jogurt
  • 15 ml - suurlemoensap
  • ’n bossie - pietersielie, gekap
  • ’n bossie - sprietuie, gekap
  • 2 - Pink Lady-appels, pitte verwyder en dungesny
  • 100 g - karamel-kasjoeneute, grofgekap
  • sowat 80 g - gemengde bros slaaiblare
  • 4–6 - pitabrode vir voorsit

1. Meng die tuna, mayonnaise, mosterd, jogurt en suurlemoensap en geur met die pietersielie, sprietuie en sout en varsgemaalde swart­peper na smaak. Skep nou die tunamengsel, appelskyfies en neute bo­op die slaaiblare (of meng eenvoudig alles saam).

2. Verhit die pitabrode in jou broodrooster of in die oond. Halveer en sit voor saam met die slaai.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM