Kos + wyn

Varkdikrib-en-bonepot

Weg and go magazine. Picture: MYBURGH DU PLESSIS

Vir 4

Voorbereityd 5 minute

Gaarmaaktyd

2 uurJy benodig

•1 eetlepel olyfolie

•700 g varkdikrib, ontbeen en vel verwyder

•100 g chorizo, in skyfies gesny

•1 ui, fyngekap

•1 wortel, fyngekap

•2 knoffelhuisies, fyngekap

•1 klein rooi brandrissie, fyngekap

•¼ teelepel gerookte paprika

•4 eetlepels roosmarynnaalde of tiemieblare

•1 eetlepel tamatiepasta

•1 blikkie (400 g) gekapte tamaties

•1 blokkie hoenderaftreksel

•¼ koppie rooiwyn

•1 blikkie (400 g) witbone

•sout

•swartpeper

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 140 ºC (met die waaier aangeskakel) of kry 'n hopie kole gereed. Verhit die olie in 'n platboompot en braai die varkvleis in sarsies tot verbruin. Skep uit en hou eenkant. Roerbraai nou die chorizo in dieselfde pot vir 1 minuut.

2. Voeg die groente en kruie by en ná 5 minute ook die tamatiepasta, tamaties, hoenderaftreksel en wyn. Skep die vleis en enige pansappe terug in die pot, bring tot kookpunt en verlaag dan dadelik die hitte. Sit die deksel op en laat die potjie vir 90 minute in die oond (of oor matige kole) prut.

3. Roer die bone deur die pot en laat dit vir nog 30 minute prut. Hierna behoort die vleis sag te wees. Proe en geur met sout en swartpeper na smaak.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM