Kos + wyn

Wors-en-eiergebak

(Francois Oberholster)
  • 15 ml - olyfolie
  • 8 - varkworsies
  • 6 - baba-patats, middeldeur gesny
  • 12 - baba-aartappels, middeldeur gesny en vir 10 minute gekook
  • 400 g - pampoen, in groot blokke gesny
  • 15 ml - korrelmosterd
  • - ’n hand vol babaspinasie
  • 4 - ekstragroot eiers
  • - vars roket

Oondtemperatuur: 200°C

1. Voorverhit die oond. Verhit 'n oondroosterpan of oondvaste braaipan op die stoof. Giet die olie in die pan en braai die worsies vinnig oor hoë hitte totdat die buitekante begin bruin word. Roer die patat, aartappels, pampoen en mosterd by en voeg 'n skeutjie water by die pan. Bedek met foelie en rooster in die oond vir 40 minute of tot die groente gaar is. Onthou om seker te maak jou groentestukke is min of meer ewe groot om te verseker alles is gelyk gaar.

2. Haal die foelie af en roer die spinasie by. Stoot die groente uitmekaar in elke kwart van die pan en breek 'n eier (of twee) in elke holte. Strooi sout en peper oor en sit die pan terug in die oond tot die eiers gaar is - so 5 minute. Sit dadelik voor.

Wenk Dis 'n baie gerieflike manier dié om eiers gaar te maak, maar moeilik om 'n sagte geel en gestolde wit te verseker. As jy definitief 'n sagte geel verkies, bak die eiers in 'n aparte pan.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM