Eerste indrukke: Hy’s nie so mooi soos sy voorgangers (die SJ410 en die Samurai van ouds) nie – dis so al asof die platiese chirurgie effe skeef geloop het. Maar wie gee om? Jy kan hom tot bo-op Kili ry.Wat’s anders? Sy naam is nie meer Samurai of SJ nie en hy het nou lugsakke (twee), ABS-remme én lugreëling. En die enjin is lekker lewendig.En wat’s dieselfde?Hy’s steeds ’n liggewig (1060 kg), wat beteken jou kans is kleiner om in sand-en-moeras weg te sink.O ja! Ondanks sy vaste asse is die rit heel gerieflik. En hy’t ’n laestrekratkas!Ja, maar … Hy’t nie sluitbare ewenaars nie.Dis die klein dingetjies: Jy aktiveer 4x4 en laestrek met die druk van ’n knoppie – jy hoef nie eers ’n hefboom te trek nie.Op die agtersitplek: Dis nie werklik ’n gesinsvoertuig nie, eerder vir wanneer jy en jou bokkie alleen weggaan.Mededingers: Daihatsu Terios (R184 995-R221 995); Jeep Wrangler (R239 900-R339 900); Fiat Panda 4x4 Climbing (R157 000)WegRy sê:Nou hoef ’n régte 4x4 en sy brandstof jou nie meer ’n plaas se prys te kos nie. Moet net nie dink jy gaan meer as drie dae se bagasie vat nie.– Justus Visagie
DIE FEITEMODELLE: Net een – 1.3 4x4PRYS: R149 900WAARBORG/DIENSPLAN: Waarborg: 3 jaar/100 000 km; Diensplan: 4 jaar/60 000 kmENJIN: 1.3i VVTRATKAS: Vyfspoed-handratkasKRAG: 63 kW @ 6 000 r.p.m.WRINGKRAG: 110 Nm @ 4 100 r.p.m.NADERINGSHOEK: 37°VERTREKHOEK: 46°OORBREEKHOEK: 31°GRONDVRYHOOGTE: 19 cmOorspronklik gepubliseer in WegRy #9 | Okt-Nov 2008












