Motors

Toyota RAV 4 2009

Die beste nuus oor die bedeesde veranderings aan die 2009 Toyota RAV4 is die laer prys van die petrolmodelle. Die 2-liter GX-vyfspoed-handratpetrolmodel (R287 700) kos byvoorbeeld R23 000 minder.

Die ander twee modelle, die 2.0 VX-vyfspoed-handrat (R345 200) en die 2.0 VX-vierspoed-outomaties (R356 200) kos onderskeidelik R5 800 en R6 100 minder.

Buiten geld sluit die ander veranderings ’n sterker enjin vir die dieselmodelle en klein stylveranderings buite, soos ’n nuwe sierrooster, agterligontwerp, hersiene hoof- en misligte, en syspieëls met ingeboude flikkerligte in.

Die reeks bestaan uit vyf modelle in twee enjinsoorte: buiten die drie petrolmodelle bo is daar ook ’n 2,2 liter-turbodiesel in GX- (R363 700) en VX- (R408 600) spesifikasievlakke.

Die turbodieselenjin het ’n verbeterde lewering van 110 kW @ 3 600 r/min en 340 Nm @ 2 000-2 800 r/min. Die 2 liter-petrolenjin bly redelik onveranderd, en lewer 112 kW @ 6 000 r/min en 194 Nm @ 4 000 r/min.

Die VX-modelle se veiligheidskenmerke is ook heelwat beter danksy stabiliteitsbeheer.

Oorspronklik gepubliseer in WegRy #14 | Aug-Sept 2009

Nadine Thomson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM