Motors

’n ‘Nuwe’ Vagabond!

Ek het sowat vyf jaar met my 1970-model Roamer Rand Vagabond gekamp nadat ek hom vir R10 000 gekoop het.

Ek het egter begin besef die ekstragroot skarniere waarmee die dak lig, is nie net baie moeilik om oop te maak nie, maar ook gevaarlik.

Ek het toe besluit om die skarniere kleiner te maak en die wa se sykante met 500 mm te lig. Ek het die driekwartbed met 'n koningsgrootte een vervang en die veselglasmure binne met laaghout uitgevoer. Die veranderinge het my 'n verdere R10 000 uit die sak gejaag.

Dit was egter 'n wonderlike projek om in my vrye tyd aan te durf, en ek het sommer nog baie planne. As ek weer 'n paar los rand het, sal ek vir die wa 'n nuwe tent met groter vensters laat maak. My mond water ook vir groter bande sodat ek nie so lugtig hoef te wees vir grondpad nie. E

k moes al 'n stampplek langs die kant laat regmaak en het hom ingeneem vir 'n ordentlike diens, en tot dusver voldoen die Vagabond aan al my vereistes.

Ek sleep hom met 'n 2003 Mitsubishi Colt Clubcab 2.8 TDi en ons gunstelingbestemming is die Riverside-oord by Klein-Brakrivier naby Mosselbaai.

Hier is alles wat 'n woonwapark moet hê, soos ruim staanplekke, reëls, 'n rivier wat langsaan verby vloei, 'n swembad, tennisbaan en minigholfbaan. Hier is ook 'n restaurant by die oord en 'n klomp fietsryroetes naby… en het ek al genoem dat dit naby die see lê?

Sleepsels

Het jy iewers in jou omswerwinge 'n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons 'n foto na rysleep@weg.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM