Motors

Red Bulls lek lippe af vir Melbourne-strate

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Met vanjaar se Formule Een (F1)-seisoen wat begin momentum optel, speel Australië se Melbourne-straatbaan in Albert Park gasheer vir die seisoen se derde ren, die Australiese Grand Prix.

Red Bull se jaers, Max Verstappen­ en Sergio Perez, het van meet af aan die pas aangegee en lei ook die res van die veld op die puntelys.

Maar verder terug het daar 'n vroeë witwarm stryd ontstaan om die laaste twee podiumplekke op die lys. George Russell (vierde) vind dit makliker om vaart te tap uit sy Mercedes, terwyl Charles Leclerc (derde) ook goeie ritme het in sy Ferrari.

Dit is wel die stryd tussen McLaren se Oscar Piastri (vyfde) en Carlos Sainz, tweede Ferrari-jaer, wat die naweek die monde sal laat water.

Piastri skuif voor sy tuisskare agter die stuur in, terwyl Sainz 'n punt wil bewys teen sy Ferrari-spanmaat.

Met somerweer wat nog hoogty vier in Australië behoort dit weer 'n weghol-naweek vir die twee Red Bulls te wees. Maar net dalk vind Russell en Leclerc 'n ekstra rat en kan hulle meer druk op Verstappen en veral Perez plaas.

En dit sal die vroeg opstaan Sondagoggend gewis die moeite werd maak.

  • Volg die aksie Sondag regstreeks van 06:00 op kanaal 215 op SuperSport.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM