Ouerskap

KINDERPARTYTJIE | Sirkus toe!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aruhan se treffende koek het rooi strepe soos ’n sirkustent en goue vlaggies rond alles af

Die sirkus was 'n ware gesinsaffêre en almal het gehelp om ma Gerdri se visie te laat gestalte kry. Pa Willem het die sirkustente uit houtbord gemaak en al die Bolsenbroeks het help verf. Aruhan het die plafon-vlaggies self geknip en geplak.

Blaas! Aruhan se treffende koek het rooi strepe soos 'n sirkustent en goue vlaggies rond alles af. Koek gebak deur Cakes and Catering by Joanita.

Gerdri wou die sirkustema 'n antieksjiek flair gee en die lokaal se kristalkandelare en Persiese matte het perfek daarby gepas. Ons is ook mal oor die outydse driewiele wat sy gebruik het, en daar was ‘n vintage perd ok!

Kos kan dekor ook wees! Twee vertikale mure van springmielies en oliebolle het nie net lekker geproe nie, maar pragtig gelyk ook.

Rooi en goud met 'n tikkie blou was die kleure wat die tema verder uitgebou het. Ballonne en vlaggies as dekor is altyd treffend. En kyk net die klassieke toffie-appels op die tafel! Dekor en stilering deur Deja-vu Pretoria en sirkusvlaggies op tafel van Malva_handmadegoods.

'n Oulike aktiwiteit wat die maatjies besig gehou het: Versier jou eie nar! Ma Gerdri het gesorg dat al die bestanddele op die tafel was sodat die maatjies die omgedopte roomyskelkies kon versier.

Plek: Deja-vu Pretoria;

Foto's: El Roi Photography;

Koek: Cakes and Catering by Joanita;

Dekor & stilering: Deja-vu Pretoria;

Sirkusvlaggies op tafel: Malva_handmadegoods;

Waterverfportret: Lumina Studio

Wys vir ons

As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus 'n e-pos met foto's van 'n goeie gehalte en 'n kort beskrywing van die partytjie na sharing@ypbmagazine.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM