Ouerskap

NUUS | Jou moet-weet swangernuus

Bio-Oil
Bio-Oil

Soepel, sagte vel

Hier's ons top-drie SA-produkte vir velsorg

Bio-Oil
Bio-Oil

Bio-Oil vir 'n nuwe geslag

Vra maar vir ander mense … ma's sweer by Bio-Oil (R270 vir 200 ml) om rekmerke te help voorkom.

Dit bestaan al sedert 1987 en word nou as die wêreld se voorste rekmerk- en littekenolie beskou. Dis ook wonderlik dat hulle nou Bio-Oil (Natural) het, wat net van natuurlike olies gemaak word.

Ons is ook aanhangers van die Bio-Oil Dry Skin Gel wat vinnig absorbeer.

'n Titseltjie rig baie uit, wat beteken dat die produk regtig lank hou.

bio-oil.com

Avon Justine
Avon Justine

Justine se nuutste olie

Avon Justine het talle soorte weefselolie, maar hierdie outjie is die een wat jy wil gebruik as jou lyf onder druk is of was, dus tydens of ná jou swangerskap.

Justine Tissue Oil Active Repair (R169 vir 100 ml) is voedend vir die vel, maar help ook met spanning en spierherstel.

Dit bevat mentolekstrak en 'n unieke verhittende formule wat streel, verwarm en verfris en met herstel help as dit in die vel gemasseer word.

my.justine.co.za

Biomedical Emporium Maternology
Biomedical Emporium Maternology

Dr. Judey Pretorius se Maternology-reeks

Daaglikse velsorg vir jou swangerskap in drie stappe:

1. Biomedical Emporium Maternology Cleanse (R274) reinig terwyl dit streel en kalmeer.

2. Biomedical Emporium Maternology Skin Stabilising Serum (R1 060) maak jou vel glad en verminder hormoonpigmentasie.

3. Biomedical Emporium Maternology Nutri-Hydro Day SBF30 (R1 233) bevat 'n sonskerm vir bedags, en snags werk Biomedical Emporium Maternology Nutri-Hydro Night Therapy (R1 200) droogheid teen en herbalanseer die biodiversiteit van die vel.

biomedicalemporium.com

2023-baba?

As jou baba vanjaar gebore is of gebore gaan word, skryf gerus in vir ons sustertydskrif Your Pregnancy & Baby en Clicks Baby se Newborn Guide-voorbladkompetisie. Jy kan R15 000 gelaai op jou Clicks Baby Club Card wen. Jy moet dus 'n lid wees om in aanmerking te kom. Dan stuur jy 'n mooi foto van jou pasgeborene, hul naam, waar julle vandaan kom, jou kontakbesonderhede en jou Club Card-nommer na clicks@ypbmagazine.com. So eenvoudig is dit!

8% van swangerskappe gaan met komplikasies gepaard.

Een daarvan is swangerskapsdiabetes. Jy kan dit kry, al was jy nog nooit 'n diabeet nie. Verminder jou kanse so:

  • Eet gesond. Kies kos met baie vesel en min vet en hou porsiegroottes gesond.
  • Bly aktief. Mik na 30 minute van matige oefening, ideaal gesproke elke dag.
  • Begin jou swangerskap met 'n gesonde gewig. As jy reeds oorgewig is, probeer gewig verloor voor jy swanger word.
  • Moenie meer aansit tydens jou swanger- skap as wat jou dokter aanbeveel nie.
Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM