Ouerskap

Reg vir jou keiser

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Nee. Die vrugwater word eers uitgesuig.

As baba gesond is, sal die pediater jou baba vir jou aangee om te ontmoet en vas te hou. Koester hierdie oomblik!

Het jy geweet?

Vra jou dokter of julle rustige musiek in die teater mag speel en die ligte effe verdof. Dit kan nie in alle gevalle werk nie, maar is verseker 'n moontlikheid.

Die pad na herstel

Baie vroue voel besonder goed die dag ná die keiser, maar effe seer op dag twee. Die rede is moontlik dat daar op dag een nog genoeg verdowingsmiddels in jou liggaam is.

Teen dag twee is die pyn gewoonlik erger en voel jy moeër. Jy sal net soos vroue wat normaal gekraam het, pyn hê wanneer jou baarmoeder saamtrek terwyl dit na sy normale grootte probeer terugkeer.

Baie vroue voel effens opgeblaas ná die keiser. Dit gebeur omdat gas dikwels in die liggaam opbou ná 'n operasie. Staan gerus op en beweeg 'n bietjie om jou spysverteringstelsel weer aan die gang te kry.

Maak ook seker jy gaan gereeld badkamer toe om te urineer - 'n vol blaas plaas onnodige druk op die sny.

Drie nagte is die norm in die meeste privaat hospitale, maar dit kan minder ook wees, afhangende van jou dokter, jou toestand en die hospitaal.

Jy kan 'n dag ná die bevalling stort. Laat die water net bo-oor die snywond (wat nog toegeplak is) loop.

Die kateter in jou blaas word uitgehaal en die verpleegpersoneel sal jou aanmoedig om op te staan en dalk na die badkamer of stort te stap. Moet egter nie nou al sonder hulp probeer opstaan en loop nie.

Jy sal beslis doekies in jou onderklere moet dra vir die bloedvloei wat tot twee weke ná die geboorte nog kan voorkom.

Gedurende jou drie dae in die hospitaal sal jou dokter daagliks 'n draai kom maak om te kyk of jou wond (wat nog effe opgehewe kan wees) mooi genees.

Dit sal vir ten minste die eerste twee weke taamlik gevoelig wees as jy hoes, lag of nies. Drink maar die voorgeskrewe pynmiddels. Die ongemak kan tot ses weke lank duur en verskil van vrou tot vrou. Gebruik 'n kussing of jou hande om die sny te ondersteun wanneer dit pyn en dra liefs lospassende onderklere.

Namate die wond begin genees, sal die vel om die sny begin jeuk.

Jy kan, solank jy net die seep goed afspoel en die plek agterna mooi afdroog. Die pleister op jou sny kan maar nat word.

Bel jou dokter as daar enige teken van infeksie in die snywond is. Van die algemeenste simptome is 'n warm gevoel, rooiheid, swelsel of etter wat uitkom. Pyn wat erger word, koors of 'n onwelriekende reuk dui ook op iets ongesonds.