Reis

Botswana-brêkfis, met Toast!

Is jy nog altyd lus om sélf Botswana te gaan verken, maar weet nie waar om te begin nie? Wel, begin by ontbyt! Weg se Toast Coetzer en François Haasbroek - redakteurs van Weg se splinternuwe Botswana-gids- is hier om te help met al jou vrae, van hoe om te ry tot waar om te bly (en wat dit sal kos...).

Weg hou twee spesiale Botswana-ontbyte: een buite Paarl in die Wes-Kaap (4 Maart 2017, sien inligting onder) en die ander in Pretoria (11 Maart 2017).

Tydens hierdie sessies gaan jy lekker eet, en agterna sal Toast-hulle foto's en kaarte wys wat jou nie net lus gaan maak om Botswana te besoek nie, maar ook touwys gaan maak oor hoe om jou eie beplanning te doen. Vrae is welkom, ons sal help!

Hierdie inligtingsessies is spesifiek gemik op mense wat altyd gedink het Botswana is net vir die 4x4-ouens. Goeie nuus: jy kan Botswana besoek met die kar wat reeds in jou motorhuis staan. Raai wat? Jy gaan toegang kan kry tot klassieke Botswana-plekke soos Makgadikgadi-panne, die Okavango-pypsteel én Chobe. Ons deel ook ons roete-truuks: werk Namibië se Caprivistrook by jou beplanning en jy kan goedkoper - en langer - vakansie hou! En dan's daar nog Victoria-waterval...

Kom sit aan, laat ons jou wys hoe!

Wes-Kaap:

Datum: 4 Maart 2017

Waar? Laborie-wynplaas, Paarl

Tyd: 8.30 vm.-11 vm.

Gauteng:

Datum: 11 Maart 2017

Waar? Blue Crane-restaurant, Austin Roberts-voëlpark, Pretoria

Tyd: 8.30 vm.-11 vm.

Koste: R450 per persoon (dit sluit jou ontbyt in, asook gratis Weg Botswana-gids, fotovertoning en persoonlike aandag tydens vraag-en-antwoordsessie)

Kontak Donvé Myburgh op 021 443 9830 of e-pos donve.myburgh@media24.com.

Maak dit nog makliker en bestel sommer jou kaartjies in ons aanlynwinkel. Klik hier vir die Wes-Kaap en hier vir Gauteng.

Hier is 'n paar foto's van Toast Coetzer en François Haasbroek se Botswana-avonture:

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM