
O God wat u dienaar Abraham uit die dorp Ur geroep het en tydens sy omswerwinge oor hom gewaak het, en wat die Joodse volk deur die woestyn gelei het: Ons vra dat U oor ons, u dienaars wat in U naam die pelgrimstog na Santiago de Compostela aanpak, sal waak.
Wees vir ons
'n metgesel op ons reis
'n rigtingwyser op die roete
ons krag wanneer ons moeg is
ons beskutting teen gevaar
ons skuilings langs die pad
ons skadu teen die hitte
ons lig in die duisternis
ons troos wanneer ons moedeloos is
en die krag van ons oortuiging
Sodat ons danksy u leiding die einde van ons reis veilig en ongedeerd sal bereik, versterk deur dankbaarheid en krag na ons huise sal terugkeer, vol blydskap en genade. In die naam van Christus.












