Reis

Dié dooie boom is nes De Aar?!

Foto: Albie Venter
Foto: Albie Venter

Daar was 'ngroot ou trosvyboom in ons tuin wat 'n paar jaar gelede gevrek het. Waar daareens 'n digte blaredak was, is nou net 'n paar takke wat soos geraamtes deurdie lug steek. Ek het sterk gestaan toe verskeie mense voorgestel het dat ekdie "lelike" boom afkap.

Die boom speel steeds 'n belangrike rolin die ekostelsel; die hoogste droë takke het niks blare wat die uitsigbelemmer nie en is 'n lekker sitplek vir voëls.

Hoeweldie boom self nie kos vir die voëls of ander diere kan voorsien nie, gee diedooie hout skuiling aan verskeie inseksoorte, wat weer deur die voëls geëetword.

So het ek rooibekkakelaars en 'nverskeidenheid houtkappers wat houtwurms en ander sappige happies soek envreet, in dié boom gesien. Selfs roofvoëls maak nou en dan hulleopwagting. Van dié droë takke af het dié voëls 'n mooi uitsig oor 'n vallei, enkaalwangvalke en bruinslangarende kom sit hier en bespied die omgewing virprooi.

Maardie grootste bederf was met die begin van die broeiseisoen, in die eerste somernadat die boom gevrek het. Een oggend het 'n geelblestinker 'n gryshoutkapperaangeval toe dié tussen die dooie takke op soek was na kos. Dit was nogal 'nwoeste aanval, wat vir my gesê het dit gaan hier oor meer as net 'n paarwurms...

Bynadere ondersoekhet ek 'n klein gaatjie in die sagte hout gesien - omtrent so groot soos 'ntweerandstuk. 'n Nes! Dit was lekker om vir die volgende paar weke dop te houhoe die ouers kom en gaan om 'n klomp kos - van insekte tot bessies - by diekuiken af te lewer.

Diesepie was egter nog nie verby nie... Een oggend het 'n kaalwangvalk ondersoekkom instel. Dié valke is spesialisnesplunderaars...maar sover ek kon sien, konhy nie die kuiken bykom nie. Dié boom is beter as Binnelanders!

Hierdie artikel hetoorspronklik in Weg #156 (Oktober 2017) verskyn. Ons probeer nuwe inligtingbywerk, maar feite en geite kon intussen verander het - laat weet gerus as jyso iets raaksien.

Albie Venter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM