Dit sluit in:
• Namibië: Alexanderbaai, Onseepkans, Rietfontein en Sendelingsdrift
• Botswana: Bray, Derdepoort, Gemsbok, McCarthys Rest, Middelputs, Mokopong, Mokgobistad, Platjan, Pondrift, Stockpoort, Swartkopfontein, Twee-Rivieren en Zanzibar
• Mosambiek: Pafuri, Giriyondo en Kosibaai
• eSwatini: Bothashoop, Emahlatini, Josefsdal, Nerston, Onverwacht en Waverley
• Lesotho: Boesmansnek, Makhalengbrug, Monontshapas, Ongeluksnek, Pekabridge, Ramatsiliso, Sanipas, Sephaphushek en Tellebrug
Watter grensposte is oop?
Hier is die grensposte wat nie ingesluit is in die lys geslote grensposte nie; en volgens ons wel oop is.
Indien jy binnekort oor die grens vir noodsaaklike redes moet reis, kontak asseblief self die grensposte om te bevestig of dit oop is voor jy die pad vat.
Botswana: Groblersbrug, Kopfontein, Skilpadshek, Ramatlabama
Namibië: Ariamsvlei, Vioolsdrif
Lesotho: Maserubrug, Ficksburgbrug, Caledonspoort, Qachasnek, Van Rooyensgate
Mosambiek: Komatipoort
eSwatini: Mananga, Jeppes Reef, Oshoek, Mahamba, Golela
Zimbabwe: Beitbrug
Daarby is ook 'n reisverbod ingestel op buitelandse reisigers van hoërisikolande soos Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, die VSA, die Verenigde Koninkryk en China.
Visums wat voorheen aan dié reisigers toegeken is, is opgehef. Suid-Afrikaners word aangeraai om nie oorsee te reis nie, veral nie na hoërisikolande nie. As jy terugkeer van hoërisikolande, sal jy mediese toetse moet ondergaan en jouself in kwarantyn plaas.
As jy terugkeer van mediumrisikolande soos Portugal, Hongkong en Singapoer, sal jy hoë-intensiteit mediese toetse ondergaan.
Byeenkomste van meer as 'n honderd mense is ook verbied.
Lees die president se volle verklaring hier. Hou die regering se webtuiste en sosiale media dop vir die nuutste verklarings. Lees ook meer op sacoronavirus.co.za.












