In Junie wou ek weer vir ons bespreek, maar ek kry die slegte tyding dat die park glo vir die volgende jaar volbespreek is. Vir nou is dit nie die einde van die wêreld nie, want intussen kan ek op digitale platforms soos YouTube die park "besoek".
As alles volgens plan verloop - terwyl ek duim vashou - sal ek my beurt afwag om te kyk of ons volgende jaar iewers 'n gaatjie kry.
Intussen sit ek en lees die Julie-uitgawe van Ry & Sleep en sien julle noem dat julle 'n artikel oor die Kgalagadi in die Augustus-uitgawe publiseer.
Ek kan nie wag hiervoor nie, want dan kry ek 'n geleentheid om met julle tydskrif in die hand elke hoek en draai sáám met julle te besoek. Ná dese voel die Kgalagadi soos my eie huis.


Ons hoor graag wat jy op die hart het!
Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort - en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.















