Reis

Die swaeltjies kom terug!

Die uitkykplek is elke dag oop in swaelseisoen, maar die voëls is die aktiefste wanneer hulle in November uit Europa aankom of weer in Maart vertrek.

Die seisoen open vanjaar op Sondag 12 November. As jy wil deel in die pret, moet jy al 4.30 nm. vir 5 nm. daar wees. Ná Sondag is dit elke aand oop van 5 nm. tot sonsondergang, mits dit nie reën nie.

Pak 'n piekniekkombers, kampstoele, insekweerder, verkyker en 'n koelboks (hier is niks te koop nie, behalwe op die openingsaand wanneer jy eet- en drinkgoed kan koop) en maak jou gemaklik.

Koste R20 p.p. Alle geld gaan vir die bewaring van die swaeltjies se slaapplek.

Meer inligting 031 568 1557; www.barnswallow.co.za.

Aanwysings Vat die Umdloti-strand/Verulam afrit van die N2 af, draai links in die rigting van Verulam. Draai ná 1 km regs na Mount Moreland. Volg die bordjies wat sê "Barn Swallow Site".

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM