Reis

Doendinge op Dullstroom

Foto: Schalk Jonker
Foto: Schalk Jonker

THE DULLSTROOM BIRD OF PREY & REHABILITATION CENTRE

Is dit 'n voël, 'n vliegtuig of dalk Superman? Nee, dis 'n swerfvalk - die vinnigste dier op aarde - wat teen byna 200 km/h by jou verbyflits.

Die daaglikse tentoonstellings (om 10.30 vm. en 2.30 nm.) by hierdie puik rehabilitasiesentrum vir roofvoëls is 'n wonderlike ervaring - die kinders geniet dit gate uit. (Bel vooraf, want vertonings word soms afgestel as die weer nie saamspeel nie.)

Magdali Theron is die ervare valkenier en stel jou voor aan verskeie roofvoëls, soos 'n gevlekte ooruil, wat sommer op jou kop kom land!

Hier is meer as 90 roofvoëls - elk met 'n naam en 'n storie - wat gerehabiliteer word (sowat 200 word elke jaar vrygelaat).

Koste R70 p.p.

Kontak 082 899 4108; birdsofprey.co.za; info@wildlifesos.co.za

'n Gevlekte ooruil by die Dullstroom Bird of Prey & Rehabilitation Centre.
'n Gevlekte ooruil by die Dullstroom Bird of Prey & Rehabilitation Centre. (liana)

KLEIDUIFSKIET

Het jy geweet kleiduifskiet is 'n Olimpiese sport? By die plaas Field & Stream (9 km buite Dullstroom) kan jy kyk of jy dalk 'n verborge talent daarvoor het.

Jy skiet met 'n 12-boorhaelgeweer en kry 25 kanse om 'n oranje kleiduif van sowat 10 cm in deursnee te skiet. Dis vet pret vir oud en jonk.

Koste R395 p.p. vir 25 skote.

Oop Saterdae. Groepe kan wel vooraf bespreek vir ander dae van die week.

As jy klaar kleiduif geskiet het, kan jy perdry, die bergfietsroete aanpak of net 'n entjie op die plaas stap.

Kontak 083 443 4567(Greg); 013 254 0431

Kleiduifskiet by die plaas Field & Stream
Kleiduifskiet by die plaas Field & Stream

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM