Vat 'n stappie
Hou by die Greydam stil en loop met die tweespoorpad op,volg die bordjies na die toposkoop. 'n Toposkoop is 'n merker - gewoonlik bydie hoogste plek in 'n gebied - wat in die rigting van belangepunte wys.Hierdie een wys die afstande en rigtings na omliggende dorpe.
Loer in by 'n museum
Die ObservatoryMuseum (Bathurststraat 10; 046 622 2312) is 'n unieke viering van dieVictoriaanse lewenswyse. Hier is interessante uitstallings wat terugdateer nadie dae van die vroegste diamantjagter. Hier is ook 'n oorspronklike camera obscura - ditwas lank die enigste een in die Suidelike Halfrond. Dié slimspieëlstelsel weerkaats die wêreld rondom tot op 'n tafel sodat jy 'n ogie oordie dorp kan hou. Toegangstarief: Op navraag.
Swaai daai sewe-yster
As gholf jou ding is, bespreek 'n rondte by dieBelmont-gholfklub - 'n 18-putjiebaan omring met Albany-struikgewasse.
Waar? In die Belmontvallei, sowat 7 km suidoos vanGrahamstad.
Kontak:thebelmont.co.za
Doen 'n toer saam met BasilMills
Basil is 'n militêregeskiedenisfoendi en lief vir boeke. Hy kan'n geskiedkundige toer aanpas om by jou belangstelling te pas. My gunsteling issy literêre toer: Terwyl julle deur die strate stap, vertel hy jou alles oordie groot skrywers wat deur die jare op Grahamstad gewoon het.
Jy leer ook oor die geskiedenis van die dorp.
Kontak: Bel dieNasionale Engelse Literêre Museum (046 622 7042) en vra om met Basil te praat. Dieliterêre toer is gratis.
Besoek 'nnatuurreservaat
Hier is wildreservate reg rondom Grahamstad. Die Amakhala-wildreservaatis een van die bestes en toeganklik. Dit lê net langs die N2, sowat halfpad tussenGrahamstad en Port Elizabeth (amakhala.co.za). Die Groot Vyf bly hier en jysien dalk net al vyf op 'n begeleide wildrit.
'n Makker opsie is die Thomas Baines-natuurreservaat, net 15km van Grahamstad af op die pad na Kenton-on-Sea (R343). Soek buffels, koedoesen ander bokspesies op 'n wildrit, of hou piekniek langs die Settlersdam. Die Makana- botaniese tuin is ook 'n besoek werd, veral asjy gedurende die Nasionale Kunstefees van die massas wil wegkom. Die tuin issentraal geleë (ingang in Lucaslaan, wat uit Somersetstraat draai) en toegang isgratis.












