Reis

Doendinge: Hogsback

Foto Dawie Verwey
Foto Dawie Verwey (Foto Dawie Verwey)

Elke seisoen op Hogsback het sy eie bekoring: herfsblare,sneeu, veldblomme...Maar jy ervaar soms vier seisoene op een dag. Pak dus invir warm en koue dae. In die winter kan dit kóúd raak en sneeu. Vra vooraf ofjou blyplek 'n kaggel het.

Besoek Hogsback se inligtingsentrum langsButterfly Bistro in die hoofstraat vir inligting oor doendinge, stapkaarte,blyplek en restaurante. Koopdie amptelike VisitorsGuide to Hogsback,of Trevor Webster se The Story of Hogsback.

Kontak 045 962 1245;hogsback.com

Gaanstap

Op Hogsback móét jy gaan stap. Koop Ken Harveyse gids Hogsback Hikes (R40) byCrystal Corner of The Edge Mountain Retreat. Dit bevat inligting en kaarte virstaproetes. Die winste vandie boekie word gebruik om die roetes in stand te hou.

Die gewildste staproete is na die Big Tree (2uur) en die Madonna and Child-waterval. (Lees hier meer oor die waterval).

Nog 'n staptog met mooi uitsigte is na dieKettlespout-waterval (1 uur). By dié waterval kyk jy terug in die Tyhumevalleiin die rigting van die Hobbiton-opleidingsentrum en Hogsback - 'n puik plek vir'n skemerkelkie. Dié waterval word so genoem omdat die watervalle oor dieafgrond stort soos kookwater uit 'n ketel se tuit. Die Bluff-staproete (2 uur)naby The Edge Mountain Retreat is 'n maklike roete.

Rybergfiets

Huur 'n fiets byHogsback Adventures (R70 per uur).

Laat jou speke sing in die inheemse woudoorkant die inligtingsentrum.

Kontak 074 721 4885; hogsbackadventures.co.za

Abseil

Durf 'n 35 m hoë rotswand by die Madonna and Child-waterval saam metHogsback Adventures aan (R350p.p.). Of doen 'n kombinasie van bergfietsry, abseil en stap in die woudvir R450 p.p.

Ryperd

Terra-Khaya buite Hogsback bied begeleideperderitte in die woud teen R300 p.p. vir 90 minute. Daar is ook langer ritte beskikbaar.

Kontak terrakhaya.co.za

Kykvoëls

Graham Russel is 'n ervare voëlgids in dieomgewing. Kontak hom vir 'n begeleide stappie deur die woud - dalk sien jy die skaarswoudpapegaai of 'n bosloerie!

Kontak 045 962 1084; 082 374 6583

Waardeerdie natuur

Die kunstenaar Diana Graham het in 1995 saammet 'n plaaslike messelaar, Dagamnyama Wara, 'n altaar vir die natuur gebou. Dis'n sementkraal waar allerlei olieverfskilderye, mosaïek- en beeldhouwerk met 'nbewaringstema uitgestal word. As aweregse kuns nie jou ding is nie, kom sit op'n bankie en tuur na die uitsig op die Hogsbackberg.

Oop Woensdae, Vrydaeen naweke 9.30 vm.-3.30 nm.

Koste R30 p.p. (kinders gratis)

Kontakecoshrine.co.za

Koop 'nkristal

Ken en Suneya Harvey het ná wêreldwye reisein 2007 op Hogsback kom woon. Hulle verkoop kristalle en juweliersware vanplekke soos Zambië en Madagaskar in die Crystal Corner-winkel.

Stap die labirint en besoek die Stone Circle -Suneya kan jou meer van die dolomietklippe en die "sacred space" vertel. Ken is'n fotograaf en sy galery, Mirrors Gallery, is ook op die perseel met mooilandskapsfoto's van Hogsback.

Oop Daagliks 10 vm.-4nm.

Kontak 045 962 1331

Stap deur 'n labirint

Die labirint by The Edge Mountain Retreat is een van die grootstes terwêreld en 700 m lank tot by die middel.

Oop Daagliks 8 vm.-6 nm.

Toegang gratis.

Kontak 045 962 1159; theedge-hogsback.co.za

Hardloopdie Park Run

As jy oor 'n naweek op Hogsback is enjou draftekkies ingepak het, mik net so voor 8 vm. op die Saterdag na The EdgeMountain Retreat vir Hogsback se 5 km lange Park Run.

Besoekdie kerk

Die interkerklike St. Patricks-kerkie staanlangs die grondpad na Cathcart. Dit dateer uit 1935, en nadat dit in 2010afgebrand het, het die gemeenskap saamgestaan en dit herbou. Hier is plek virsowat 70 mense en hulle hou gereeld troues. Dis heeltyd oop vir besoekers.

Kontak 045 962 1147;

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM