Reis

Doendinge: Kyk na ’n eendparade

Eendparade
Eendparade

DieVergenoegd-wynplaas het reeds in 1984 begin om dié eende in die wingerde telaat wei as deel van 'n pesbeheerprogram - die eende is veral lief vir slakke.Ná die parade kan jy jou sit kry onder die koeltebome. Kuier rondom 'n piekniekmandjies wat jy kan bestelwat 'n bottel wyn en water insluit. Hulle het ook mandjies vir kinders. Jy kan jou piekniekmandjievooraf op hulle webwerf bespreek.

OpVergenoegd word gewoeker met allerhande interessante doendinge soos wynproe, piekniek en eend- en keldertoere

Heng, dis 'n lekker plek - maak sommergou plek in jou dagboek vir die eendparade en nog wat!

Waar? Dieafdraai na die wynplaas is sowat 12 km noordwes van Somerset-Wes op die R310.

Oop? Dieplaas is daagliks oop van 8 vm.-5 nm. Die eende waggel om 9.45 vm., 12.30 nm.en 3.30 nm.

Kontak: 021843 3248; vergenoegd.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM