Op grond vandie naam klink Suicide Gorge nie na die soort plek waar 'n mens enigsins wilrondhang nie, nog minder na 'n plek vir naweekpret. Om die waarheid te sê, ditklink na 'n plek wat jy liefs wil vermy.
Tog is ditpresies waarheen ons vroeg op 'n Saterdagoggend op pad is. Ons gaan die kloofing-roete stap deur diéberugte rivierravyn in die Hottentots-Holland-natuurreservaat naby Grabouw. Opdie roete stap, swem, klouter en slinger jy jouself van rotswande af in donkerbergpoele in van hoogtes wat wissel van 3-14 m!
DevinAbrahamson, die vryskutgids wat saam met ons stap, lyk skepties oor onskleredrag. "Eintlik vat ek nie groepe sonder wetsuits nie," sê hy terwylhy sy eie duikpak, asook 'n medisynekoffertjie, in 'n groot droogsak pak.
"Dit keer dat'n mens kletterbek raak van die koue," verduidelik hy. "En dit bied 'n ekstra lagiebeskerming teen skerp rotshoeke, of teen die harde slag van water as jy ditteen 'n hoë spoed tref."
Ek kyk na myouerige tekkies, T-hemp, knielengte swembroek met pienk palmbome en ou pet. Opdie video's wat ons voor die tyd op die internet gekyk het, het dit gelyk soosgepaste drag vir Suicide Gorge. Nou is ek nie meer so seker nie. Ek lyk eerderreg vir die strand of vir roomys op 'n promenade.
Terwyl ons vireen of twee laatkommers wag, vertel Devin van 'n keer toe 'n duikpaklose in diekloof gegly en albei sy maermerries teen 'n skerp rotswand versplinter het."Maar julle sal orraait wees," sê hy. "Julle lyk soos 'n lekker klomp mense."

Kloof-in...
Ons kyk viroulaas of die versnaperinge (en toiletpapier) deeglik in waterdigte pakkies verseëlis, en val in die pad. Die stappie na die begin van die kloof is amper 10 km lank.
Dis 'ngemaklike pad wat tussen fynbosbedekte berghange loop. Die paadjie is steil:klim eers geleidelik, en die laaste stukkie skerp.
Plek-plek komons ander stappers teë - Kaapse Natuurbewaring laat net sowat 30 mense per dagtoe in die kloof. 'n Mens kan jou amper verbeel jy is op 'n gewone wandelroetein die Kaapse berge, heel sonnig en plesierig.
Dan daal dievoetpaadjie af na 'n rivierloop.
Ons vat 'nbreuk en sit op 'n breë, plat rots en eet neute en droëvrugte. 'n Stroompiekabbel verby.
Die pad kronkelop teen 'n laaste helling tot op die bopunt van Suicide Gorge. Onder ons lê diekloof soos 'n breë, klipperige grynslag.

Vir sommige vanons is vandag ook die dag om ons hoogtevrees te besweer. My vriend, BernardWessels, is lewensbang vir die 5 m hoë duikplank by die openbare swembad; watnog te sê van 'n sprong by gitswart bergwater in, van 'n hoogte van 10 m, 12 mof 15 m af?
Ná die eerstehoë sprong - 'n 7 m hoë bielie sowat 'n derde van die roete by die kloof af -is daar geen omdraaikans nie. Bernard sal moet spring, tensy hy wil hê ons moetdie helikopter laat kom om hom te haal.
Die eerste paarspronge is kortetjies: oefenspronge om ons gewoond te maak aan die slag van diewater en die regte bewegings, en om die gids kans te gee om die regte sprongtegniekby ons in te dril. "Bene reguit, en arms styf teen die sy, anders klap diewater sommer jou ledemate uit potjie uit," waarsku Devin.
Hier's 'n reeksglibberige, mosbedekte glybane oor die rotse - amper soos natuurlikewaterwurms- wat ons moet misloop omdat ons nie wetsuits aan het nie.
Die kloof issprokiesagtig. Die water loopsterk en helder, en hier is oral sonkolle waar 'n mens kan staan om jou bewendelyf te laat bedaar. Die kloof se rotswande troon hoog langs ons uit -plek-plek klou bome verbete teen die steiltes. Stilweg besef elkeen van ons dis'n voorreg om hier te kan wees.
Kontak: Kaapse Natuurbewaring; 021 483 0190;capenature.co.za; Frixion Adventures 076 442 7244. (Frixion vra R1 600 per persoon en dit sluitjou permit in.)

Hierdieartikel het oorspronklik in Weg #147 (Januarie 2017) verskyn.Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen veranderhet - laat weet gerus as jy so iets raaksien.












