Reis

Vlieg saam met Airlink na Maun of Kasane

Die Choberivier
Die Choberivier

Jy kan met Airlink na Maun, Botswana, vlieg en die delta in al sy skoonheid beleef.

Met sy talle lagunes wat deur die graslande en mopaniewoude kronkel, is die Okavangodelta 'n unieke Afrika-juweel. Jy kan dit verken op 'n kano wat die plaaslike inwoners 'n mokoro noem, te voet of uit 'n wildbesigtigingsvoertuig.

Die delta huisves van die mooiste fauna en flora in Afrika, onder meer 164 soogdier-, 157 reptiel- en 540 voëlspesies. Fotograwe sal in hulle element wees. Moeder Natuur het fyn beplan en die Okavango-delta beleef sy vloedseisoen min of meer op dieselfde tyd as wanneer Suid-Afrika sy droë seisoen beleef, wat beteken meer as 200 000 diere migreer jaarliks tussen Julie en September na die streek weens die watertekorte.

Die delta huisves van die mooiste fauna en flora in Afrika, onder meer 164 soogdier-, 157 reptiel- en 540 voëlspesies

Die Okavango-delta
Die Okavango-delta (DOOK)

As jy die delta in vloed beleef (van Junie tot Augustus) sal jy iets skouspelagtigs sien: Byna 50%van Afrika se olifantbevolking is in hierdie maande in die delta. Die delta kry ook druk besoek van die ander lede van die Groot Vyf: leeus, luiperds, renosters en buffels.

Botswana is ook vir sy wêreldklas verblyf bekend, met heelwat kampplek waar jy op die oewer van die delta kan staan en voëls kan kyk, of dieper die binneland in as jy van die ander wild wil sien.Daar is ook kampe waar jy 'n bietjie van albeikan beleef. Airlink het direkte vlugte tussen Maun en Kaapstad of Johannesburg. Moenie wag nie, bespreek nou 'n onvergeetlike safari in hierdie streek!

Botswana is ook vir sy wêreldklas verblyf bekend, met heelwat kampplek waar jy op die oewer van die delta kan staan en voëls kan kyk

www.flyairlink.com
www.flyairlink.com (DOOK)

Jy kan ook van Johannesburg af direk na Kasane vlieg, waar jy 'n riviersafari in die noordooste van Botswana kan aanpak. Kasane is bekend as die poort tot die Chobe- nasionale park. Chobe is op die grens van Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe en bied ook groot troppe olifante en buffels. Hier sal die natuur jou vergas met skouspelagtige boktroppe, migrerende sebras, verskeie voëlspesies, en seekoeie in die Linyanti-moeras. In Chobe kan jy op safari's per boot en per voertuig doen.

www.flyairlink.com
www.flyairlink.com (DOOK)

Op die Chobe-oewer sal jy 'n verskeidenheid gastehuise, hotelle en kampterreine aantref wat jou toegang tot die nasionale park bied. Wil jy graag 'n strand- of Victoria Falls- ervaring byvoeg tot jou safari-avontuur?

Bespreek 'n vlug met Airlink se direkte daaglikse vlugte van Nelspruit KMIA na Livingstone, Zambië, en na Vilanculos, Mosambiek, die poort tot Bazaruto en die Benguerra-eilande.

Gaan na www.flyairlink.com/destinations/flights-to-maun en www.flyairlink.com/destinations/flights-to-kasane of gesels met 'n reisagent oor 'n wegbreek na Botswana.

Airlink

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM