Kom span uit op 'n werkende merino- en -sybokhaarplaas. Hier kan jy ontspan, gaan stap en bergklim, of bloot die verskeidenheid wild en voëls kyk.
Span uit in een van die ses eenhede (omskep uit 'n plaashuis wat in 1943 gebou is).

Elke eenheid het 'n hoofslaapkamer met oopplan-leefarea-en-kombuis vir selfsorg indien versoek. Twee van die eenhede het slaapplek vir 'n gesin van ses. Drie van die eenhede het slaapplek vir vier mense, en die laaste eenheid het slaapplek vir twee. Daar is ook 'n swembad vir lafenis!
Etes is op versoek beskikbaar en 'n ligte kontinentale ontbyt kan in die eenhede bedien word. Aandete en 'n plaasontbyt word in die hoofopstal bedien.
Kontak 083 284 2460; gamamadiguestfarm@gmail.com; https://gamamadiguestfarm.co.za/gamamadiguestfarm.co.za
















