Gebruik die handige app om te sien by watter plekke jy én jou hond welkom is.
As jy 'n hondemens is, is jou beste vriende soveel meer as die wag by die hek. Jy wil Pote saamvat wanneer jy met vakansie gaan, gaan stap, park toe en as jy gaan uiteet vir aandete. Jy kan die restaurant bel om te hoor of honde welkom is, of jy kan vinnig op die DoggyDo-app kyk.

Die app het inligting oor meer as 600 plekke, en help jou om hondvriendelike parke, restaurante en blyplekke regoor Suid-Afrika op te spoor. Dit gee ook inligting oor hondeskole, events, veeartse, diereskuilings, ensovoorts.
Die app se geoligging-funksie beteken jy hoef nie deur blaaie en blaaie se Google-inligting te sif om (byvoorbeeld) 'n veearts te kry tydens 'n noodgeval nie. DoggyDo kan bepaal waar jy is en jou in die rigting van die naaste een stuur. Om 'n uitstappie te beplan terwyl jy vakanse hou, is maklik: Die app sê vir jou watter strand hondvriendelik is, waar jy Wagter se kos kan koop of waar om 'n oppasser te kry.
Laai dit af van die App Store of die Goodle Play-winkel.
Koste Gratis
Meer inligtingwww.doggydo.co.za













