Die SA Agulhas II het vroeër die week van Durban af vertrek op 'n ekspedisie na Dar es Salaam via Mosambiek. Altesame 67 navorsers reis saam om inligting oor die Indiese Oseaan in te samel. Die skip word ook gebruik vir navorsing in Antarktika en op eilande soos Marion- en Gougheiland, asook om voorraad na dié navorsingstasies te vervoer. Die SA Agulhas II is in 2012 gebou om sy voorganger - die SA Agulhas - te vervang toe dié finaal vasgemeer het. Leer ken die skip beter.
1,3 miljard
- Die boukoste (in rand) van die SA Agulhas II
134,2
- Die skip se lengte (in meter)
100
- Soveel passasiers kan op die SA Agulhas II vaar (45 bemanningslede ingesluit)
30
- Die SA Agulhas II se topspoed (in km/h)
8
- Die aantal permanente laboratoriums aan boord.
2
- Dis hoeveel helikopters op die skip is - dit vervoer die navorsers na waar die skip nie kan vaar nie.
1
- Die skip kan ys van tot 1 meter diep oopbreek.
-35
- Dis hoe koud (in °C) dit moet word voordat ys op die dek vorm - die dek het verwarmers om dit te verhoed.













