Reis

Kampplek: Riverside-woonwapark, Ritchie

Die Riverside-woonwapark se staanplekke is slim uitgelê op twee terrasse langs die rivier: 'n laer vlak op die oewer en 'n hoër een reg agter die oewerkampeerders.

Op jou staanplek op die hoër vlak kyk jy nie in die agterkante van die woonwaens en tente van die oewerkampeerders vas nie, maar bo-oor hulle, reg op die rivier uit.

Riverside het van hoek tot kant 'n grasgroen grasperk wat goed versorg word, en daar's baie koeltebome.

Op verskeie plekke tussen die staanplekke is krane (met drinkbare water).Die ablusiegeriewe is smaakvol geteël en silwerskoon, en op die verste 55 m van die staanplekke af.

Net langsaan is 'n opwaskamer vir al die skottelgoed, én plek waar jy jou wasgoed kan skoonkry.

En wanneer braaityd aanbreek, kan jy kies uit verskeie losstaande braaiers.

Kampplek: 33 staanplekke met krag. Elke staanplek se vullisdrom en losstaande braaier word vroegoggend skoongemaak.

Ablusiegeriewe: 1 badkamer vir mans en 1 vir vroue. Modern en skoon met netjiese opwaskamers langsaan. Ook 1 private ablusieblok.

Prys: Op aanvraag.

Aankoms- en vertrektyd: 10 vm. en 10 vm.

Kontak: 082 924 3075; riversideresort.co.za

Naaste dorp: Ritchie, 1 km.

Hoe lyk die pad? Die laaste 300 m is 'n goeie grondpad.

GPS: S29.039454 E24.610657

Hierdie artikelhet oorspronklik in Maart 2017 verskyn. Ons probeer nuwe inligtingbywerk, maar feite en geite kon intussen verander het - laat weet gerusby digitaal@weg.co.za as jy iets raaksien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM