Die SA Agulhas II is terug in Suid-Afrika nadat sy in Antartika gaan draai het en is môre (Saterdag, 24 Junie) gratis by die V&A Waterfront se hawe in Kaapstad te sien. Die Departement van omgewingsake nooi mense om die skip tydens dié opedag te besoek en te verken. Julle kan onder meer 'n begeleide toer van die skip doen.

Die SA Agulhas II-navorsingskip is in 2012 teen R1,4miljard gebou. Die skip word beskryf as 'n drywende laboratorium en die doel daarvan is om die ysige dele van die Aarde te verken.
Wanneer? 24 Junie
Waar? Oostelike hawehoofkaai ("East Pier Quay"), East Pier-weg, V&A Waterfront
Hoe laat? 9:00 - 15:00
Hoeveel kos dit? Gratis












