Sy het elke middag op presies dieselfde tyd kom kyk wat ek maak. Dis gewoonlik wanneer ek my skootrekenaar nader trek om 'n storie te skryf, en sy was omtrent my geselskap en inspirasie.
Ek het selfs iets oor hierdie pragtige bruin bokkie met haar volmaanoë geskryf. Dit was die kosbaarste oomblik wanneer sy so diep in my oë kyk.
Bella was skoon deel van die familie. Sy het soms in die nag voor ons woonwa gelê en slaap. Sy was ons oppasser en ek was nooit bang om snags na die badkamer toe te stap nie.















