Verfbal speel is vet pret én 'n skoot oefening. Hier is 'n paar plekke waar die kantoor sommer jaareindgeselligheid kan hou.
1. X Paintball, Somerset-Wes, Kaapstad
Hier is 8 kleiner velde, wat baiekeer saam gebruik word. Die minimum ouderdom is 10, en groepe tussen 10 en 60 is welkom. Al die speletjies is gebaseer op spesifieke scenario's, wat dit interaktief maak.
Kontak 073 217 5972; www.xpaintball.co.za
2. Paintball Heaven, Port Elizabeth
Hierdie plek is nie sommer hierjy nie, hier het jy 'n keuse van 6 soorte velde waar jy kan speel: 'n groot bosveld, 'n klein bosveld, 'n stadsveld, 'n sementspoedbalveld, 'n spoedlugveld en 'n toringkasteel. Ja, vir seker iets vir enige ouderdom "kind"!
Kontak 041 366 2134; 082 789 4870; paintballheaven.co.za
3. TagArchery, Johannesburg, Pretoria en Kaapstad
TagArchery is 'n nuwe konsep in Suid-Afrika en is 'n kombinasie van boogskiet, verfbal en die Amerikaanse speletjie dodgeball - ontspan, jy gebruik boë met spesiale skuimpunte. Dié speletjie kan binne of buite gespeel word, en dit kan selfs na jou toe gebring word!
Kontak tagarchery.co.za












