In die Kaap is daar hope dinge om te doen, maar goedkoop is dit nie: Vir 'n gesin van twee grootmense en twee kinders gaan dit jou meer as 'n R1 000 uit die sak jaag om met die kabelkarretjie teen Tafelberg op en af te ry en daarna die Twee Oseane-akwarium en die Kasteel in Kaapstad te besoek.
En as jy dan die pikkewynkolonie by Bouldersstrand in Simonstad wil gaan kyk en vir die kinders Kaappunt wil gaan wys, moet jy jou regmaak om nog amper R600 te hoes - en dis net aan toegangsgeld.
Hoe meer uitstappies, hoe dieper moet jy in jou beursie delf. En dan praat ons nog nie eens van petrol- en kosgeld, die koeldrank- en roomysgeld en die rekening vir die vis-en-tjips by Houtbaai nie.
Met jou wa en tent hoef jy gelukkig nie 'n klein fortuin te betaal vir verblyf nie.
Tussen die duur toeriste- en vakansieblyplekke in die mooi Skiereiland is kampplekke waar jy nie jou hand te diep in jou beursie hoef te steek vir 'n staanplek nie.
Die Medusa-woonwapark by die munisipale kusoord Soetwater en Imhoff-park by Kommetjie asook die Chapmanspiek-woonwaplaas by Noordhoek is almal net sowat 40 km se ry van die Kaapse middestad af; jy kan dus maklik hiervandaan die Moederstad, Skiereiland en Valsbaai verken.
Klik op die kampplek se naam vir meer inligting!
1. Medusa-woonwapark, Soetwater

Ongeveer halfpad tussen Kommetjie en Scarborough draai jy van die M65 af seewaarts na die kusoord Soetwater, een van die Stad Kaapstad se 13 munisipale oorde. Hier sal jy Medusa-woonwapark kry.
2. Imhoff-woonwapark
http://preview.weg.netwerk24.com/WegSleep/imhoff-woonwapark-20161013

Imhoff, 'n groot woonwapark in die middel van Kommetjie, is skaars 650 m se stap van Kommetjie se Langstrand af en nie te ver nie van die aangrensende Noordhoekstrand.
3.Chapmanspiek-woonwaplaas

In Noordhoek, reg langs die pad na Chapmanspiek en Houtbaai, lê die kampplek van amper 2 ha wat 'n woonwaplaas genoem word want hierdie is 'n kampplaas met diere.














