Buiten die handelaarskap op Malmesbury is daar nou ook 'n tak op George. Dié dienssentrum-en-vertoonlokaal is in Laingstraat 65 in George Industria en die vervaardiger se Mobi G-gholfkarretjies is ook hier beskikbaar.

Marius Ras, die eienaar van Mobi Lodge, sê hulle het baie klante in die Tuinroete en daarom maak hierdie uitbreiding sin. Monique Ras, Marius se dogter, is aangestel as bestuurder en die tak self is 'n uitbreiding van die Malmesbury-handelaar, Cape Mobi Adventure.
Kontak 044 124 0243 of 082 925 3582; monique@capemobi.co.za; mobilodge.com




















