Reis

’n Dassie van ’n ánder kleur

ANDRÉ OLIVIER
ANDRÉ OLIVIER

André Olivier van Klerksdorp vang graag vis op Hentiesbaaien het al dikwels op dié Namibiese kusdorp 'n draai gemaak. Anderdag besluit hyom dié mooi deel van die wêreld ook vir sy vrou, Lany, en twee dogters, Inge enMecé, te gaan wys.

Op pad soontoe loer ons onder meer in by 'n plek waar hulle jagluiperds voer. Lany is nie ingenome hiermee nie, want op die spyskaart vir die diere is dassies.

Ons ry verder tot op Langstrand waar ons in 'n gastehuis oorbly. Die betrokke eienaars roem hulle daarop dat hulle die "beste" galjoen braai, maar 'n mens moet vooraf bespreek. Ons het bespreek, maar ongelukkig het hulle daardie aand nie galjoen nie; hulle sou vir ons dassie voorsit.

Dit klink vir my heel gaaf en ek bestel twee dassies vir die volgende aand se ete. Lany kyk my in ongeloof aan en vra of sy reg gehoor het. Ek verduidelik sy het inderdaad al voorheen dassie geëet wat ek van Henties af huis toe gebring het. Die bestuurder van die gastehuis glimlag vir my antwoord, terwyl Lany so ewe wil weet wanneer sy dan dassievleis geëet het. "Die anderdag by ons visbraai, saam met ons vriende," antwoord ek.

"Jy het nog gesê hoeveel jy dit geniet het." Lanie skop vas en sê sy gaan nié saam met ons vir die dassie-ete nie. Dit geld ook vir die dogters, want "hulle is nie karnivore nie". Ek besef toe ek moet vinnig verduidelik, want buiten dat Lany Engels is, maak die "dassie" haar nou deurmekaar.

Dassie
Dassie

Ek verduidelik toe 'n dassie is ook 'n visspesie en 'n mens vang hulle gewoonlik wanneer jy galjoen probeer uittrek. Dié vis staan ook as 'n kolstert bekend, en dis hy wat die mense vir ons gaan gaarmaak. Lany was uiteraard verlig en het die aand saam met ons dassie geniet. Nodeloos om te sê word sy vandag nog geterg oor die storie.

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief enontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutstetoere en slypskole in jou inboks.

Volg ons op dieYouTube-kanaal WegTV (kykons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM