Reis

’n Dubbelverdieping-Kombi

Helgaard Raubenheimer, Kaapstad: "Ek deel graag 'n foto van my skoonpa, Frans de Necker, wat sy eie "daktent" op 'n Volkswagen Kombi gebou het. Die foto is in 1958 by Letaba in die Krugerwildtuin geneem.

Dié Kombi was die De Necker-gesin se eerste bussie. Pa het op Winburg in die Vrystaat gewoon waar hy houtwerkonderwyser was. Op die foto kan 'n mens sien hoe mooi sy daktent op die Kombi gepas het. Dit het bestaan uit 'n staalraamwerk en was, soos Pa sou sê, "12 voet by 4 voet 8 duim". Die tent se vier hoeke het op die Kombi se buffers gesteun en in die middel by die dakgeut.

Die raamwerk het drie staalhoepels gehad wat elk met 'n vleuelmoer aan die onderste raamwerk vasbout. Die storie het platgeslaan wanneer 'n mens moes ry - sommer so oor van die bagasie op die dak. Die tentseil is só gemaak dit pas netjies oor die raam, en die deur was agter waar 'n mens met die staalleertjie inklim. Twee beddens het binne gepas: 'n enkel- en 'n dubbelbed. Die twee dogters, Bessie (my vrou) en Ida, kon die tent binne 2 minute op- of afslaan en die De Neckers het wyd getoer met hierdie Kombi."

Lees nog lesersbriewe uit ons Desember-uitgawe hier.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM