Ek het metkamp grootgeword en my gesin is versot daarop. Daarom probeer ons om een keerper maand te gaan kamp, en ek moet sê ons kry dit tot dusver goed reg. Ek hetegter besluit as ons so gereeld vir kort rukkies weggaan, wil ek nie vir 'n uurof twee sukkel om die kamp op te slaan nie, want dit beroof ons van waardevollegesinstyd waarin ons eerder kan saam kuier.
Ek het toe besluit 'n teardrop-waentjie is net die ding vir ons - en ek het ookgedink dit sal lekker wees om hom self te bou. Ek het die ontwerp op die internet gekry en diespesifikasies na 'n plaaslike vervaardiger hier in ons omgewing geneem om virmy die onderstel te bou en die wa te laat registreer.
Daarna het ek hom self gebou en aanmekaargesit. Die bakwerk is van aluminium enek het die elektriese bedrading ook self gedoen. Ons is baie tevrede met diewaentjie, want hy gee vir ons alles wat ons nodig het as ons gaan kamp.
Binne hetons eers net 'n rak by ons voete gehad om ons goed in te pak, maar het laterdeurtjies gehang. Dit was omdat soveel mense die wa wil bekyk en 'n mens wilmos nie hê hulle moet jou onderklere sien as hulle daar inloer nie. In daardiekassies pak ons genoeg klere vir 'n week.
Alles waarmee ons gaan kamp, pas in die wa. Die rede hiervoor is dat ons diebed se sponsmatras in twee gesny het en hom dan voor teen die neus pak. So maakons dan plek vir al die ander goed bo-op die bedraam.
Die waentjie is toegerus met onder meer 'n kampyskas en 'n neuskas, en het myuiteindelik in die omgewing van R35 000 gekos.
Hierdie artikel het oorspronklik in Wegsleep #88 (Mei 2016)verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussenverander het - laat weet gerus as jy so iets raaksien.












