Reis

Neem beter langpadfoto’s

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek weet nie waarvoor is ek die liefste nie: vars gebakte botterbroodjies of 'n goeie padfoto. Omdat ek meer as die helfte van my lewe op Suider-Afrika se agterpaaie deurgebring het, het ek oor die jare 'n soort verhouding met die streek se paaie gebou.

'n Rooisandpad in die Kalahari, 'n klipperige klouterpaadjie deur Lesotho of 'n tweespoorpaadjie in die Laeveld… almal maak my kinderlik opgewonde. En op elkeen daag ek myself uit om die pad se karakter op 'n foto vas te vang.

Kunstig én tegnies

'n Goeie langpadfoto moet jou lus maak om sélf daar te gaan ry. Eerstens moet die toneel baie mooi in die raam geanker wees vir 'n sterk komposisie.Tweedens is dit wys om 'n hoë F-stop waarde te kies om 'n groot velddiepte in die foto verseker. Die resultaat is 'n toneel wat grotendeels in fokus is, net soos ons dit in landskapfoto's wil hê.

Laat die paadjie jou lei

My gunstelingpadfoto's is dié wat jou in die foto in lei. Probeer die pad te kry om breed te begin op die voorgrond en dan stelselmatig nouer te word in die verte in. S-kronkels in 'n padfoto werk ook baie goed.

Kry perspektief

Party paaie lyk eers mooi wanneer jy hulle ordentlik in perspektief plaas. Probeer dus om iets prominent, soos 'n groot rots of boom, in die voorgrond te plaas, met jou voertuig of 'n mens in die agtergrond. Só kry 'n mens 'n beter aanduiding van die dramatiese landskap waardeur dit loop. Dit skep ook balans in die foto en vertel 'n bietjie meer oor die omgewing.

Wees op die uitkyk vir daardie lieflike lyne.

Villiers Steyn

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM