Reis

Ontdek die naghemel!

Foto: Richard de Gouveia
Foto: Richard de Gouveia

Daar is heelwat inligting op die internet beskikbaar om jou te help, te leer en die kinders se nuuskierigheid oor die sterrehemel te prikkel.

Hier is 'n paar webtuistes en skakels vir jou. Die goeie nuus: Jy hoef nie 'n duur teleskoop byderhand te hê nie!

Die Astronomievereniging van Suider-Afrika se webtuiste is jou eerste stop. Dié vereniging het inligting oor die hemelliggame wat bokant ons Afrika-landskap verskyn. Besoek gerus hulle webtuiste en lees ons artikel wat verlede jaar in Weg se Augustus-uitgawe verskyn het.

Hierdie artikel vertel meer oor die vereniging se "Groot Vyf van die Afrika-naghemel". Kyk of jy die Groot Vyf kan opspoor.

Die vereniging het ook 'n top-honderd-lys van hemelliggame wat nuuskieriges en belangstellendes kan soek, én hulle gee die name van die mense wat al 100 kon vind. Jy hoef nie 'n sterrekundige te wees of 'n teleskoop te besit om hulle te vind nie, want die meeste kan jy met die blote oog of met verkykers sien! Spring weg en begin met jou soektog, jou naam haal dalk ook die lys van mense wat ál 100 kon opspoor!

Dan kan jy natuurlik ook satelliete soek en kyk hoeveel jy per aand sien beweeg. Lees ons artikel oor hoe jy 'n satellietjagter kan word. Jy kan ook https://www.heavens-above.com/main.aspxwww.heavens-above.com/main.aspx besoek, maar hiervoor gaan jy kennis oor satelliete nodig hê.

Op die webtuiste theskylive.com/planetarium kan jy wêreldstede, soos Johannesburg en Kaapstad, se name intik en die verskillende hemelliggame sien wat oor daardie area te siene is. Die webtuiste gee baie inligting oor asteroïede, komete en satelliete en verduidelik waar hierdie hemelliggame te vinde is.

Foto: Willem van der Berg
Foto: Willem van der Berg

Een van die interessante dele van hierdie webtuiste is die inligting wat hulle oor elke hemelligaam gee. Kies byvoorbeeld "Maan", en jy kan uitvind in watter maanfase ons tans is en interessante feite ontdek, soos hoe ver die maan van die aarde af is. (Die antwoord is 394 132 kilometer.)

Die Astronomievereniging se tak in Bloemfontein het ook 'n baie interessante artikeloor die konstellasies. In die artikel kan jy meer te wete kom oor die 88 amptelike konstellasies, hoe om elkeen te vind en die agtergrond daarvan.

Google het ook hulle eie webwerf waar jy na hartelus meer inligting oor hemelliggame kan kry. Besoek hulle webwerf by www.google.com/sky. Jy kan nog nie inligting oor Suid-Afrika se hemelruim kry nie, maar jy kan ander lande, soos Engeland en Nederland, s'n ontdek. Die webtuiste het ook foto's wat deur die Hubble-teleskoop geneem is en as jy meer wil leer oor konstellasies, klik op die gedeelte oor "Constellations". Hier kry jy nie net inligting oor elke konstellasie nie, maar jy kan ook leer hoe om hulle in die naghemel te vind. Die sketse van byvoorbeeld die leeu en skerpioen saam met die kaart van elke konstellasie, gaan jou baie help om die konstellasies te identifiseer.

Dan is daar 'n baie interessante afdeling op Google se webtuiste wat oor Mars handel. Hier kan jy die planeet ontdek en een van die oulike funksies gee inligting oor ruimtevaartuie wat oor die jare heen op Mars geland het. Klik op 'n vaartuig se naam. Jy sal nie net sien waar dit geland het nie, maar ook wanneer dit gelanseer is en of die vaartuig suksesvol was in sy sending. So sal jy byvoorbeeld meer kan leer oor die Viking 2 Lander wat in 1975 gelanseer is. Volgens die inligting het die Viking 2 vir meer as 3 jaar allerhande waardevolle inligting op Mars versamel en suksesvol teruggekeer aarde toe.

En al is museums en planetariums tans gesluit, kan jy steeds interessante inligting op hulle webtuistes kry en toekomstige besoeke beplan. Die Iziko-museum het byvoorbeeld 'n maandelikse kaart van ons sterrestelsel: https://www.iziko.org.za/museums/planetarium/planetarium-sky-mapwww.iziko.org.za/museums/planetarium/planetarium-sky-map.

Bronne:

Die lys van webtuistes en artikels:

Foto: Tom Kotzé, Kubu-eiland
Foto: Tom Kotzé, Kubu-eiland
Liana Mocke

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM