Oudtshoorn & De Rust Toerismeburo bevorder met trots die Groter Oudtshoorn-streek in die Klein Karoo.
Die dorpe - geleë tussen die majestueuse Swartberge en Outeniekwaberge - spog met tonne met karakter en geskiedenis.
Oudtshoorn staan bekend as die volstruishoofstad van die wêreld, en is die tuiste van Afrika se grootste skougrottestelsel, die asemrowende Kangogrotte.

Die gebied is 'n ekologiese brandpunt en die ontmoetingspunt van drie kenmerkende unieke plantbiome: die vetplantkaroo, Kaapse ruigteveld en fynbos. Hierdie biome ontmoet mekaar in die Swartberg, waar hulle die Kaapse floraryk, 'n wêrelderfenisgebied, vorm.
Dié streek bied iets vir almal, van die avontuurlustiges onder ons wat die adrenalien wil laat pomp tot dié wat dinge rustiger wil neem en uitspan met 'n glas goeie plaaslike wyn.
Kontak 044 279 2532; info@oudtshoorn.com; https://www.oudtshoorn.com/oudtshoorn.com













