Reis

Paddaboudjies met tjips, ’seblief, Pa

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Aletta Bester
Foto: Aletta Bester

Ons het hierdie bromvoël een laatmiddag in die Krugerwildtuin afgeneem. Dit het kompleet gelyk asof hy op pad huis toe is met sy vangs. Hoe kry hy so baie paddas in sy bek? Dink net hoe benoud voel daai paddas!

LUCY KEMP, die projekbestuurder van die Mabula-bromvoëlprojek, antwoord: Dié is normale gedrag tydens die broeiseisoen wanneer al die mannetjies (Pa en sy helpers) in die groep sulke kospakkies bymekaarmaak om by die wyfie af te lewer.

Dis 'n ingewikkelde proses, want hulle moet die hele spulletjie neersit om hulle volgende slagoffer te vang.

Daarna moet hulle weer die paddas in 'n lyn kry en opskep. Die voël druk behendig die bene van die prooi fyn met sy bek; ek twyfel dus of daar enigsins kans was vir die paddas om benoud te voel!

Dié brief het oorspronklik in die Junie 2016-uitgawe van Weg (#140) verskyn. Feite en geite kon intussen verander het - laat weet gerus by digitaal@weg.co.za as jy iets raaksien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM