Reis

Prop-bleem opgelos

Dit gebeur gereeld dat die wasbakprop by 'n kampterrein se ablusieblok skoonveld is, en dan het jy geen manier om jou vuil skottelgoed te was nie. Wat maak jy dan as jy boonop nie naby 'n oop winkel is nie? Jy kan 'n omgekeerde glas of 'n beker gebruik om te keer dat die water uitloop, maar dit werk ook net vir 'n tydjie voor die water weer begin uitloop.

DS. Marius Nel van Leraatsfontein vertel sy vrou, Elma, het 'n blink plan bedink toe sy weer met dié "propprobleem" sit.

"Die proppie van 'n 250 ml-koeldrankbottel, die soort waaruit jy vrugtesap met 'n suigproppie drink, pas perfek in 'n wasbak se spoelgaatjie. Die suigproppie op die prop is ook 'n lekker vasvatplek as jy die prop wil uittrek."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM