Goed, tyd om wild te raak! Tsitsikamma Black Water Tubing se begeleide binnebandtoer op die Stormsrivier sal jou hart weer aan die pomp skop - belowe.
Jy glip en gly sowat 5 km op 'n binneband rivierlangs, deur stroomversnellings en poele tot by die riviermonding.
Die hoogtepunt is wanneer jy sowat 'n kilometer van die riviermonding af die ravyn inspoel deur 'n 2 m wye opening met die onheilspellende naam van The Point of No Return.
Dan dryf jy verby grotte en oorhange totdat jy uitspoel by die hangbrug in die nasionale park.Hoe lank duur dit? 4-5 uur.
Waar? Dit begin by die Tube 'n Axe Backpackers op die hoek van Saffran- en Darnellstraat in Stormsrivier. Hulle bring jou ná die tyd hierheen terug (GPS S33.97267 E23.88288).
Toerusting? Word verskaf (maar bring jou eie swemklere, handdoek, pet en waterbestande kamera).
Prys Vanaf R1 640 p.p. (bespreek vooraf).
Kontak 082 443 2301; 079 636 8008; 042 281 1757; blackwatertubing.net













