Sedgefield se 20 km lange strand word net onderbreek deur strandname en die strandmeer se monding (as dit oop is). Hier kan jy lang ente in albei rigtings stap.
Begin by Myolistrand op die dorp. Kyk na die see. Draai regs en stap tot by Gericke se puntrotsformasie (4 km uit en tuis) of pak 'n dagsak en mik links tot by Platbank in die Goukammanatuurreservaat (4 km). Stap terug of reël dat vriende jou kom haal en hou aan tot by Buffelsbaai (nog 12 km). Maak net seker van die gety voordat jy wegspring.
Die uitgestrekte strand grens aan plate versteende duine wat soos heuningkoek lyk. Vroegoggend en laatmiddag speel die son se strale behoorlik op dié interessante formasies - kom neem kunsfoto's vir jou Instagram-profiel.
Wat nog? Moeg vir sonbaai? Klop aan by die Pili Pili Xtreme Sports-sentrum ( 044 343 3087; www.pilipili.co.za vir branderplankry, strandvlugbal en perdritte. Vlieërplankryers sal die woeste branders geniet.
Waar bly ek? Die Afrovibe Adventure-lodge is net agter Myoli se duine - en die die pizzas is legendaries. Slaap in 'n saal of 'n luukse cabana.
Koste Vanaf R150 p.p. in 'n slaapsaal.
Kontak 044 343 3217; afrovibe.co.za













