Reis

Sleep-sleep strand toe

Danie de Lange van Brits het 'n slim plan gemaak om alles wat hulle vir 'n stranduitstappie nodig het, saam te dra.

Hy vertel hulle gaan kamp minstens een keer per maand met hul Jurgens Fleetline en is veral lief daarvoor om see toe te gaan. "Ons is gaande oor plekke soos Umhlanga, maar ek is ongelukkig een van daardie mense wat dit verpes om in die sand te sit. Ek hou ook daarvan om alles by my te hê, maar daar is nooit genoeg hande om alles saam te dra nie. Die probleem is as jy twee strandstoele dra, is jou hande vol. Dit is iets wat my vreeslik gepla het, maar aangesien ek en my vrou slepers is,het ons dié plan bedink om die tog strand toe makliker te maak.

"Die plan werk soos 'n bom."

Ons het twee stelle kinderfiets-kantwieletjies gekoop en dit aan die agterste pote van twee strandstoele vasgesit. Ek het net twee gaatjies aan elke kant van die balk tussen die agterste pote geboor en die kantwieletjies met 'n ronde staalstaaf vasgemaak. Nou pak ons ons handdoeke, sonskerm, boeke en selfs 'n koelhouer "in" die stoel, maak die besigheid met 'n rektou vas en dan sleep ons hom saam strand toe.

"Die plan werk soos 'n bom."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM