Reis

Slim vang sy baas!

MARLENE STOLTZ vanRichardsbaai skryf: My seun het dié foto in Potgietersrus geneem in die vensterbank van 'nhuis geneem. Wie het nou by wie oortree en wie gaan nou vir wie eet?

Die insekkenner DUNCANMACFADYEN antwoord:

Diegoue wawielspinnekop vang enigiets wat in sy web beland - dis meestal vlieëndeinsekte en nou en dan 'n voeltjie (maar dit gebeur min). Hulle web is groot (1- 1,5 m) en sterk. Dis die eerste keer wat ek so 'n foto sien!

Die slangkenner JOHAN MARAISantwoord:

Dis 'n gouewawielspinnekop wat 'n (onskadelike) jong westelike Natalse groenslang (Philothamnus natalensis occidentalis)gevang het. Die slang raak verstrengel in sy web en word dan gou moeg. Dit iswel normale gedrag, maar 'n mens sien dit nie sommer nie. Die spinnekop sal 'nbietjie van hom vreet voordat die res biltong word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM