Reis

Stap saam met Weg!

Dit is 'n ordentlike slenterstap oor vyf dae en vier nagte saam met kundige gidse. Die stapgroepe is klein - nie meer as 14 mense nie. Jy bring net jou klere, stapskoene en -stok, kamera, verkyker en dagsak.

Plettenberg bay hiking trails. Keurbooms beach. WEGGO. September Issue. Picture: RONEL STEYN. M24 copyrighted.

Ons sorg vir die res: verblyf, alle etes, toegangstariewe vir die natuurreservate en vervoer tussen die verskillende staproetes. As jy tot op Plettenbergbaai vlieg (Cem Air het daagliks direkte vlugte uit Johannesburg en Kaapstad) pik ons jou by die lughawe op.

Kies tussen twee verblyfopsies:

1. Luukse kamp

Ons slaan twee aande in die Diepwallewoud kamp op en twee aande langs die Keurboomsrivier. Ons sorg vir luukse tente, beddens, linne en handdoeke, en daar is ablusiegeriewe by elke kampterrein. Koste R8 950 p.p. wat deel (enkelreisigers betaal R11 635 p.p.).

2. Lodge

Ons bly in drie- of viersterlodges in die Plet- en Crags-omgewing. Koste R10 950 p.p. wat deel (enkelreisigers betaal 'n bykomende 30% ).

KAMP SAAM

Plettenberg bay hiking trails. Jubilee Creek. WEGGO. September Issue. Picture: RONEL STEYN. M24 copyrighted.

Dag 1 Ons kom laatmiddag by die Diepwallekampterrein bymekaar, en geniet aandete rondom die kampvuur

Dag 2 Meagan Vermaas lei ons op die "Kringe in die bos"-roete, ons eet middagete by Totties Farm Kitchen in Rheenendal en stap laatmiddag deur die Diepwalle-woud.

Dag 3 Vandag stap ons van Nature's Valley af tot by Keurboomstrand. Ons rus halfpad vir middagete by Forest Hall. Ons kamp het intussen verskuif na Keurboomsrivier.

Dag 4 Dit is nog 'n voldag se stap deur kuswoude en strandlangs op die mooie Kranshoekvoetslaanpad wes van Plettenbergbaai. Dag 5 Die Robberg-skiereiland wag vandag vir ons. Ons geniet 'n laaste piekniekmiddagete hier, en dan is dit tyd om te groet.*

Datums 27-31 Oktober 2017; 24-28 November 2017; 2-6 Maart 2018

BLY IN 'N LODGE

Dag 1 Ons kom laatmiddag by ons hotel bymekaar, en geniet aandete in die restaurant.

Dag 2 'n Bussie neem ons na Nature's Valley, van waar ons na Keurboomstrand gaan stap. Ons stop halfpad vir middagete by Forest Hall.

Dag 3 Dit is nog 'n voldag se stap in kuswoude en strandlangs op die pragtige Kranshoek-voetslaanpad tussen Plettenbergbaai en Knysna.

Dag 4 Ons stap vanoggend die "Kringe in die bos"-roete saam met Meagan Vermaas, eet middagete en proe wyn by die Bramonwynplaas en sluit die dag af met 'n bootvaart op die Keurboomsrivier.

Dag 5 Dis ons laaste stapdag, al om die Robberg-skiereiland. Ons geniet 'n piekniekmiddagete hier, en dan is dit tyd om te groet.*

Datums 20-24 Oktober 2017; 17-21 November 2017; 16-20 Maart 2018

Algemene Inligting

* Die program kan op die laaste dag aangepas word indien jy eerder op die Keurboomsrivier wil gaan roei of perdry, maar dit kos ekstra. Die prys sluit in: verblyf op die staproete, alle maaltye, vervoer in die omgewing, professionele gidse, pieknieketes en bewaringstariewe. Geen van die staproetes langs die kus en deur die inheemse woud is geraak deur die onlangse brande in die Plettenbergbaai-omgewing nie.

BESPREEK NOU

Bespreek jou plek - bel Venture Beyond by 044 533 0882; grahame@venturebeyond.co.za. Gaan na venturebeyond.co.za vir meer inligting.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM