By River Edge is jy tussen die berge wat pienk raak wanneer die son sak, wingerde wat tot op die horison strek, fynbos wat wemel van klein diertjies en die Breederivier op jou drumpel. Dit alles net 'n uur se ry vanaf Kaapstad.
Hierdie vyf pragtige steenbedekte huisies bied luukse, rustige verblyf.
Elke huis het 'n warm Jacuzzi op die bedekte dek asook 'n snoesige kaggel binne. Gehalte in alle opsigte... ideaal om te deel met daardie spesiale persoon in jou lewe. Troeteldiere is welkom!
Kontak: www.riveredgeaccom.co.za; riveredge@breede.co.za, 023 004 0054













